BOODSKAPPE LUISTER NOU
Hierdie jongman is darem bitter talentvol!

Hierdie jongman is darem bitter talentvol!

Deel hierdie artikel

Jessica Basson het hierdie video van jong Naelon Andrews op haar Facebookblad gelaai en kort daarna het die video “viral” gegaan.  Hierdie jongman is darem bitter talentvol.

GROOTfm 90.5 het vir Jessica gevra hoe hulle op hom afgekom het:
“Ek en my kollega, Shari Dreyer het buite gestaan toe ons vir Naelon hoor sing.  My kollega se seun (Juan) het agter Naelon aangehardloop om hom te vra om vir ons te kom sing in ons kantore. Naelon het teruggekom en sonder om te huiwer het hy 2 liedjies vir ons kom sing. Hy het ’n hart van goud, hy het heeltyd breed geglimlag en met ons gesels! Hy verdien alles wat mooi is. Ons wens hom net die beste toe en ons glo en vertrou dat hy ’n wonderlike musiekloopbaan sal hê.  Dankie dat julle vir Naelon ’n kans gee – hy is so dierbaar en sing ongelooflik mooi!”

Ruben Delmage het met Naelon Andrews Music gesels en kyk, die man kan darem sing! Bino Boshoff van Universal Music South Africa het ook gesorg vir ‘n verrassing of twee!

Lees ook gerus meer hier.

Deel hierdie artikel
Close Menu