#JouMenseMyMense – Michane Simpson | 16 September 2026 | GROOTfm 90.5
Twee onderskeie versoeke is na GROOTfm 90.5 toe gestuur namens Janice Simpson – ’n enkelmamma van twee kinders wat dringend hulp benodig vir ’n operasie vir haar dogtertjie, Michané. (Leatitia Melville en Adinda Kirsten het die eposse gestuur.)
Ons het na Janice toe uitgereik en haar boodskap lees so: “Ek kom met ‘n swaar mamma-hart en vra vir mense met nog simpatie en liefde in hulle harte om my as mamma te help met my dogtertjie, Michané. Sy benodig fondse om haar mangels te verwyder, want haar mangels is vergroot, haar keelamandels (adenoids) moet verwyder word en sy moet dringend pypies in haar ore kry. Sy het tans ‘n gat in haar linkerkantste oordrom en as gevolg hiervan ly sy gereeld aan middeloorontsteking. Die staatshospitaal se waglys is te lank vir haar toestand en intussen kan dit tot doofheid in haar linkeroor lei.
Janice het haar na ’n spesialis toe geneem nadat sy fondse bymekaar gemaak het vir die konsultasie nadat haar oor erg gebloei het. Janice, ’n kleuterskool-onderwyser by Rinkel Krinkel, het nie medies nie, en woon tans in ’n een-slaapkamer woonstel in Suiderberg saam met haar twee kinders, Michané (5) en Liwan (9).
Janice en haar vriendin, Adinda, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
