#JouMenseMyMense – Jasper Courcamp | 23 September 2026 | GROOTfm 90.5
Ons het ’n epos ontvang van Erich, ’n vriend van Jasper, waarin hy sê, ‘Ek begeer regtig dat hierdie gesin net moet kan rus in die Here en weer bietjie asem haal. Ek glo werklik die seisoen kan draai vir hulle. Die kinders is pragtig en het die mooiste maniere. Hulle ken die Here en ek glo aan die anderkant van hierdie beproewing sal hulle soos goud wees wat deur vuur gelouter is.’
Jasper Croucamp se vrou is vroeër die jaar aan borskanker oorlede. Hulle het vier kinders – Steven 9, Danelle (dogter) 14, Jacques 16 en Evandrye (seun) 18.
Jasper is ‘n harde werker en het reeds al vir die afgelope paar jaar ‘n stabiele werk as opsigter by ‘n skool in Eastlynne wat hy getrou doen. Sy vrou se kankerbehandeling en mediese uitgawes het egter die gesin in skuld gedompel. Jasper het ook nie ‘n begrafnispolis op sy vrou se naam gehad tydens haar afsterwe nie en moes geld leen by die familie om vir haar begrafnis te betaal. Hy versorg tans self sy 4 kinders en moeder waarvan twee van sy kinders op laerskool is twee seuns in die Hoërskool.
Die kinders moet busry vir vervoer, maar Jasper sukkel regtig om al die uitgawes te dek na hul terugslag. Hy ry self elke oggend voor werk ‘n sirkelroete tussen skole (Transvalia, Totiusdal en Magalies Spesiale skool) wat hom ongeveer R2 000 per maand kos aan brandstof. In die middae moet hy weer almal gaan oplaai. Dit sal help as sommige van hulle kan bus ry, maar dit kos ongeveer R1000 pp pm.Sy kar laat hom ook erg in die steek. Jasper verloor ongeveer 40% van sy maandelikse inkomste aan skuld, en volgens Erich, leef hulle vêr onder die broodlyn.
Erich en Jasper het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
