

RAAI EN WEN DALK R25 000 + die kontant in die bottel!
Wat sal jy doen met R25 000, ’n brandstof-geskenkbewys EN ’n bottel vol ekstra kontant?
Bly ingeskakel op GROOTfm 90.5 want met die GROOTbrekfis en die FinFixRaai staan jy die kans om dit alles te wen.
Hoe wen jy? Raai hoeveel kontant is in die bottel en gaan 'like' Fin Fix se Facebook-blad.
Bly dan ingeskakel om te hoor wanneer ons die ateljeelyn oopmaak vir jou kans om te wen.
#FinFixRaai, weeksdae op Die GROOT Brekfis, tussen 6:00 en 9:00.
Bepalings & voorwaardes
- Like Fin Fix se Facebook-blad om in aanmerking te kom om die brandstof-geskenkbewys te kan wen.
- Die eerste persoon wat die presiese bedrag van die kontant in die bottel regraai, wen R25 000, PLUS al die kontant in die bottel.
- Deelnemers aan die kompetisie moet die GROOTfm 90.5-ateljee skakel op die nommer soos deur die omroepers op die lug verskaf.
- Daar word slegs een oproep per dag geneem tydens Die GROOT Brekfis.
- Indien die deelnemer wat inskakel en wie se oproep op die lug geneem word, nie die korrekte bedrag regraai nie, sal dit oorstaan na die volgende dag.
- Geen sms- of WhatsApp-raaiskote word aanvaar vir hierdie kompetisie nie.