
Onder die vaandel van die Atterbury Trust, het groothartige boere tydens die grendeltydperk tonne vars groente, vrugte en vleis geskenk wat onder behoeftige Afrikaanse gemeenskappe versprei is. Daar is tot op hede meer as 51 ton kos ingesamel en verantwoordbaar versprei. Die oogmerk is om ‘n lewensvatbare projek te bedryf om voedsel effektief te versprei en ook werkverskaffings- en opleidinggeleenthede aan behoeftige gemeenskappe te verskaf. Die projek word nou uitgebrei en ’n sentrale perseel langs die N4 is beskikbaar gestel wat as Terugploeg se hoofkantoor en verspreidings-, bergings- en verwerkingsdepot kan dien. Die gebou is reeds ontwerp en ons beoog om so gou as Januarie 2021 met konstruksie van die nuwe fasiliteite te begin.
Ons nooi alle belanghebbendes uit om deel te raak, hetsy as donateurs van kosprodukte of kontant of fasiliteerders van opleidingsgeleenthede.