Dit is nou al tradisie om die GROOTfm 90.5 en Beeld #SKOOLMETDIEBESTEGEES jaarliks af te skop by Laerskool Constantiapark.
Die CP Rooikatte het weereens op Vrydag, 16 Februarie 2018 hul gees gewys met ‘n vroeg-oggend-piekniek saam met hul ouers. Saam trap die CP Rooikatte nou al 40 jaar voetspore op die maan en vandag het hul voetspore in ons harte gelaat toe alle leerlinge en onderwysers met iemand anders se skoene (sommige te hoog, te groot of te klein) aan hulle voete vir die dag skool toe gekom het, terwyl hul hul eie skoene geskenk het aan minderbevoorregtes. GROOT harte op die rugbyveld gevul met skoene het dié omgee-aksie van die rooikatte pragtig uitgebeeld.
Die CP’s trap gróót spore met klein voetjies. Die skool kondig sommer al met die instap by die voordeur luidkeels aan dat Laerskool Constantiapark elke kind wil dien!
CP se Rooikatte staan sáám en bou #GROOTgees sáám want hulle droom na veertig jaar steeds sáám… sonder remme!
Deel hierdie artikel