BOODSKAPPE LUISTER NOU
#SKOOLMETDIEBESTEGEES – Laerskool Totiusdal

#SKOOLMETDIEBESTEGEES – Laerskool Totiusdal

Deel hierdie artikel

Nee kyk! Die Dallers was beslis wild en wakker, met die beste moves wat elke onnie, ouer en GROOTfm’er se dier binne hulle laat dans het. Op Vrydag, 14 September is ons verras met olifante, leeus, apies, bokke, luiperde, zebras en dan nog ‘n by én ‘n tand in die Dallers-bos. Natuurlik kort elke bos ‘n wildbewaarder of twee, en daaraan was die Dallers glad nie tekort nie met die oulikste klein wildbewaarder graad R’tjies! Hope pret en dans en sing en belangrikste van alles is die speel, en daarvoor kan ons aan die wonderlike talentvolle Leah dankie sê want kyk dié girl KAN. Wat kan sy? Sy KAN ALLES, van ‘n beter Justin Bieber mix tot Rap! Jip… Rap!  Regte egte Bang-Bang Rap! Ons borge het natuurlik ook gesorg vir baie lag en pret met Laser Adventures se awesome laser-skietbaan, tyre-flip en hol saam met MBT Petroleum, morsekode en kar-trek saam met Mit-Mak Motors (al het die ouers probeer kroek het die kinders steeds gewen), Beeld.com was daar om seker te maak almal weet van die Dallers en Dr Tooth Little het kom seker maak ons moet elke dag vir 2 min 2 keer per dag ons tandjies blink-borsel. Ag Dallers ons harte “BRUL” nogsteeds!


Deel hierdie artikel
Close Menu