Ons het vroeër vanjaar vir Hendrik Brits, die enkelpappa wat as sekuriteitsbeampte by Laerskool Hermanstad werk, gaan verras met kruideniersware van SPAR en ‘n bril van Torga Optical Wonderpark. Hy is elke oggend reeds 05:30 op sy pos al begin hy eintlik eers 6 uur werk en pas die skool op reg deur die vakansie en selfs wanneer hy siek is! Hy is baie trots en dankbaar vir sy werk en omdat hy voorheen ook vir ‘n sekuriteitsmaatskappy gewerk het, het hy geweet hy kort ‘n uniform om professioneel te lyk. Hy het sommer uit sy eie sak een gekoop tot die skool hom terug betaal het. Daar was egter nog ‘n behoefte wat een van die onderwysers raakgesien het. Hendrik moes 10 jaar gelede al sy bo tande laat trek. Hy het al gaan uitvind by die staatshospitaal en Truleen in die kantoor het al begin woeker vir fondse, maar sy uitdaging is amper meer die 5 besoeke voor hulle hom kan help. Hy kan net eenvoudig nie 5 dae lank wegbly van sy werk nie. KARA Dental laboratory, in samewerking met Dr Marissa Visser van Dental Care het ingestem om nie net vir Hendrik ‘n stel tande te maak nie, maar ook die ekstra myle te loop vir na-ure of Saterdae afsprake. Baie, baie dankie vir Sarepta Snyman, Marissa Visser en Jeandré Marcus wat vanoggend saam met ons ‘n baie dankbare Hendrik gaan verras het!
Klik hier om na die fotos te kyk!
Deel hierdie artikel