You are currently viewing #HOOPstoot – ‘n Kersfees HOOPstoot vir Maxie se Ma – 15 November 2019

#HOOPstoot – ‘n Kersfees HOOPstoot vir Maxie se Ma – 15 November 2019

Deel hierdie artikel

Tannie Marie was haar lewe lank ‘n sterk vrou. Het altyd hard gewerk en nooit vir hulp gevra of nodig gehad van ander nie. Sy was die een wat ander kon help en so het sy haar kinders ook groot gemaak. Tot 19 jaar gelede, op die aand van haar dogter Maxie se 21ste verjaarsdag – ‘n partytjie wat Maxie tot vandag nog sal sê sy nooit wou gehad het nie… Tannie Marie het geval en al haar vingers aan haar regterhand gebreek. Haar heup het egter ook ook baie seer gekry, maar eers soos sy ouer geword het, het die pyne en skete haar begin inhaal tot waar sy vandag op 66-jarige ouderdom glad nie meer kan loop nie. Sy het nie ‘n mediesefonds nie en was al soveel keer by die staatshospitaal, waar sy die hele dag in ondraaglike pyn moes sit en wag om gehelp te word. Die laaste keer het hulle vir haar gesê haar gesondheid is te swak vir ‘n heup operasie. Maxie het begin om van handgemaakte artikel te verkoop tot plastiekdoppies saam met haar kollegas in te samel om op ‘n manier vir haar ma ‘n beter rolstoel te kan koop. Die Tannie se arms is te swak om die wiele van ‘n gewone rolstoel te draai en Maxie kan nie meer sien dat haar ma net die hele dag lê en nêrens heen kan gaan nie… Maxie se kollegas van Cosmo Industrial in Silverton het haar laat kom vir ‘n “vergadering” terwyl ons met Maxie se sus, Corné gereel het om vir Tannie Marie te bring, want “Maxie ontvang ‘n spesiale toekenning by die werk.” So paar wit leuentjies om die verrassing vir beide te kon hou… En toe kon ons, danksy ons vriende van Capital Singers, eers vir Maxie verras met haar kollegas wat die splinternuwe elektriese rolstoel om die hoek bring en daarna vir ma en dogter kans gee om ‘n dankbare oomblik te deel soos Maxie vir haar ma die rolstoel oorhandig het.

 

 

Vir al die fotos volg die skakel: Maxie se ma – 08 November 2019

Deel hierdie artikel

Leave a Reply