You are currently viewing Uitsig/Tuks aflosbyeenkoms

Uitsig/Tuks aflosbyeenkoms

Deel hierdie artikel

Die 12de Uitsig/Tuks aflosbyeenkoms vir Hoërskole regoor die land (en enigste in sy soort) is op Dinsdag, 5 Februarie in samewerking met TuksAtletiek aangebied op hulle Bestmed Stadion in Hatfield Pretoria vanaf 14:00 tot 18:00 waar 33 skole deelgeneem het.

En wat ‘n oomblik om die baan te deel met David Modiba se atlete en klein Annerike Heyneke en haar ma, Aneli in ons GROOTfm aflosspan! Annerike (10) het die Tekkie Buddie projek begin toe sy by ‘n landloopbyeenkoms gesien het dat David se atlete nie tekkies het nie en tussen items die stukkende atletiekklere uitruil.  Nou het sy met haar projek al met tekkies, inskrywingsfooie en sommer kospakkies ook gehelp! So trots op hierdie dogters wat gister die silwer medalje gewen het! David maak ‘n reuse verskil in sy gemeenskap en ons wens ons kon sy dankbaarheid vir ‘n eenvoudige paar 2de handse tekkies op ‘n manier “bottel” om met meer mense te deel…

Hierdie jaar was die HeadStart Kids projek saam met Tekkie Buddie ten bate van David Modiba se atlete van Olievenhoutbosch die begunstiges van die byeenkoms.

Deel hierdie artikel