#JouMenseMyMense – Keanu van Eeden | 09 September 2026 | GROOTfm 90.5
Dian van Eeden, pa van die 18 maande oue Keanu het ’n noodkreet gerig rakende ’n insulienpomp vir sy seun. Net ‘n paar weke gelede was Keanu hulle gelukkige, lewenslustige klein seuntjie. Toe verander alles binne een naweek. Op 16 Augustus, nadat Keanu ernstig ontwater geraak het en niks binne kon hou nie, het Dian en Ma, Chene, hom haastig na die ongevalle-eenheid geneem. Die glukosemeter kon aanvanklik nie vir hulle ‘n syfer gee nie, en wys toe dat sy bloedsuikertelling op 36 was. Keanu was op daardie stadium in Diabetiese Ketoasidose (DKA) – ‘n lewensgevaarlike mediese noodgeval.
Terwyl die dokters geveg het om hom te stabiliseer, is die diagnose gemaak. Keanu het Tipe 1-diabetes. In daardie oomblik het die kinderjare waarvan hulle vir Keanu gedroom het, vir altyd verander. Vandag word sy klein vingertjies 4 tot 6 keer per dag geprik. Sy klein lyfie kry verskeie insulieninspuitings, en snags, terwyl hy rustig slaap, lê ons wakker en bekommer hulle oor bloedsuikervlakke wat hy nog heeltemal te jonk is om te verstaan. Hy verstaan nie diabetes nie. Hy verstaan nie insulien nie. Hy verstaan nie hoekom Mamma en Pappa hom moet vashou vir nóg ‘n naald nie. Hy weet net dit maak seer.
En dit breek hulle harte. Pa Dian en Ma Chene sê as hulle elke prik, elke inspuiting en elke stukkie pyn namens hom kon vat, sou hulle dit sonder twyfel doen. Tans samel hulle fondse in vir ’n insulienpomp, die eerste maand se Continuous Glucose Monitor (CGM) en insulien-toedienings . Ongelukkig dek hulle mediese fonds nie hierdie toestelle nie, en kan hulle dit eenvoudig nie op hulle eie bekostig nie. Dian het sy eie besigheid begin, maar toe sy besigheid begin swaar trek, moes Dian sorg vir ’n ekstra bron van inkomste, en het hy op 1 Augustus ’n nuwe werk begin – waarvoor hy baie dankbaar is.
Vir Keanu beteken die pompie minder naalde, minder vingerprikke, meer akkurate insulientoediening en waarskuwings wanneer sy bloedsuiker gevaarlik hoog of laag raak – selfs terwyl hy slaap. Hulle is ’n gesin van vyf, met Keanu se twee boeties uit Chene se vorige huwelik –
Collin (12) en Dean (6). Dian, Chene en Keanu het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
