You are currently viewing #Madibadag2018 #skoolBOUprojek

#Madibadag2018 #skoolBOUprojek

Deel hierdie artikel

Lindie Strydom deel graag haar terugvoer na afloop van 18 Julie 2018 se #Madibadag2018

“My hartjie is maar klein aan die einde van so ‘n dag. As ek hoor hoe elkeen herkou en reflekteer of terugdink, ‘n whatsapp wat heen en weer gestuur word, Ruben en Riva wat gesels op GROOTfm 90.5 van wat gebeur het en wat dit vir hulle beteken het, Facebook foto’s en onderskrifte… Trevor Hudson het gesê “we do not learn from experience, we learn from reflection upon experience”, so dit is nogals belangrik dat jy gaan sit en dink wat so ‘n dag vir jou beteken het. En vir Lindie was dit ‘n geweldige visuele ervaring. Dit was die SIEN-element wat vir haar uitgestaan het. Lindie het baie vroeg reeds daar aangekom en dit was bitter koud. Sy het geSIEN dat haar kar vir haar sê dit is 1 grade celcius buite, sy het geSIEN daar staan die grondvlaktes, sy SIEN die grys containers en sy dink aan die grys wêreld van daai kindertjies en waar hulle grootword. Sy kon amper nie SIEN dat dit gaan kleur kry nie, maar ja.. .dan gebeur dit. Meer as 100 mense van 8 verskillende maatskappye daag op met hul eie verfkwas en minuut-vir-minuut SIEN jy hoe hierdie droom realiseer en SIEN jy hoe ‘n skool kleur kry. Maar sy SIEN ook die hart waarmee die mense gekom het, die gees, die sin vir humor – jy WOU daar wees as jy gister daar was. Sy SIEN die hart waarmee die mense geverf het, sy SIEN dat hulle na 67 minute nogsteeds daar gesit het, besig om af te rond. Sy het geSIEN hoe ons kan saamwerk, hoe CEO’s kop onderste bo staan en verf – in die oomblik, opgewonde om deel te wees van hierdie dag. “Ai, ek het ook maar net weer geSIEN vandag dat ek gedink het ek daag op om iets vir Plastic City en sy kinders te beteken, maar ek het geSIEN wat dit aan my eie lewe doen. Ek het geSIEN hoe nodig EK dit het en hoekom die Here in al Sy wysheid ons aanhou uitnooi om ‘n verskil te maak, want Hy SIEN die gate en die beperkings en die armoede in my siel raak. En hy SIEN hoe ek nodig het om brug te bou en verhouding te bou met iemand wat anders as ek is en minder as ek het. Ek SIEN absoluut die hoop terwyl ander die hopelose SIEN, ek SIEN geleenthede wanneer ander uitdagings SIEN.” Big Box Containers SSG Consulting #Attbuild Ecsponent VDT Attorneys Inc. My SPAR SA Cares for Life #NancefieldAutoPaints

Deel hierdie artikel