You are currently viewing #JouMenseMyMense – Dayden Joubert | GROOTfm 90.5 | 19 Augustus 2026

#JouMenseMyMense – Dayden Joubert | GROOTfm 90.5 | 19 Augustus 2026

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Dayden Joubert | 19 Augustus 2026  | GROOTfm 90.5

Die Joubert’s is ‘n gesin van 5. Mamma Genelle, Pappa Deeha, tweeling-broers, Dayden en DeAndre (5 jaar) en hulle sussie, Dianelle (8 jaar). Al drie kinders is in Wonderboom Laerskool en geniet dit soveel. Dayden en DeAndre is in Gr.R en sussie Dianelle is in Gr.2. Mamma Genelle sê hulle gee hulle alles en is drie wonderlike geskenke van God. Dayden en DeAndre is tydens die Covid-19-pandemie gebore, ná ’n swangerskap vol uitdagings. Gelukkig kon die gesin destyds mediese sorg bekostig. Met die geboorte van die twee seuns het hulle ma egter baie siek geword, maar sy het steeds aangehou werk.

Kort daarna is hulle pa, Deeha, as gevolg van die moeilike ekonomiese omstandighede en die sluiting van baie besighede afgelê. Dit het die gesin in ’n uiters moeilike finansiële posisie geplaas. Hulle het uiteindelik alles verloor, en Deeha het vir twee jaar werk gesoek. Gedurende dié tyd was Dayden en DeAndre se ma die broodwinner, terwyl hulle pa na die kinders omgesien het.

Deeha het uiteindelik weer werk gekry, maar die gesin sukkel steeds om finansieel asem te haal en hul voete behoorlik te vind. Hulle is dankbaar vir ’n dak oor hul koppe, maar probeer tans ook om hul kragrekening op datum te bring. Hulle grootste prioriteit is egter nou hul seun, Dayden. Dayden was onlangs siek en die gesin het hul beperkte geld gebruik om hom na ’n Oor-, Neus- en Keelspesialis te neem. Hy sukkel om te eet en kan nie hardloop sonder dat sy neus begin bloei nie.

Hy gaan gereeld saans slaap met ’n hoofpyn en word soggens steeds met hoofpyn wakker. Sy mangels is permanent vergroot, het sere en bloei soms. Die Dokter het bevestig dat Dayden so gou moontlik sy mangels en adenoïede moet laat verwyder, asook die probleem in sy neus moet laat regmaak. Die druk en vog agter sy ore het ook sy gehoor beïnvloed op ‘n vlak dat mens hom moet vat en praat dat hy sien jy praat met hom. Hy hoor glad nie as jy met hom gesels en hy sien jou nie, die drukking veroorsaak elke dag kopsere en dat hy konstant ook baie sleg eet asgevolg van die vergrootte mangels.

Saans kan sy ouers hoor hoe hy sukkel om asem te haal, en stel sy ma selfs haar wekker elke uur om hom dop te hou en seker te maak hy is veilig en dat sy neus nie in sy slaap bloei nie. Die finansiële druk het egter so groot geword dat die gesin nie meer mediese sorg of ander noodsaaklike uitgawes kan bekostig nie.

Hulle is ’n hegte gesin wat enigiets sal doen om hul kinders te sien grootword en uiteindelik ’n normale, gesonde lewe te kan hê. Hulle het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel