You are currently viewing Hennie Fisher – Oondgebakte murgbene vir Paul Kruger- dag

Hennie Fisher – Oondgebakte murgbene vir Paul Kruger- dag

Deel hierdie artikel

Hennie Fisher – Oondgebakte murgbene vir Paul Kruger- dag

Hennie Fisher –

Oondgebakte murgbene vir

Paul Kruger-dag

Tyd:

60 Min

Bedien:

6 Persone

Vleis

Bestanddele:

Ongeveer 12 murg-sop bene as voorgereg of meer indien as hoofgereg bedien word.

Sout.

Peper.

100 ml B-Well olyf olie.

Kruie na smaak.

Klein aartappeltjies, indien as hoofgereg bedien word.

Baguette, indien as voorgereg bedien word.

Metode:


  • Voorverhit oond tot 230°C.
  • Plaas die sop-bene regop in ‘n oondpan, en gooi olie oor.
  • Sprinkel met sout en peper, en ander kruie indien verkies.
  • Meng goed, sodat die bene oral-oor gegeur is.
  • Bak in die oond vir ongeveer 45 minute totdat die murg sag is.  
  • Indien die bene as hoofgereg bedien word, kan klein aartappeltjies saam met die bene in die oond gebak word, maar anders met vars brood as voorgereg.
  • As hoofgereg kan dit verder met ‘n geblansjeerde gemengde groenteslaai en ‘n vinaigrette bedien word saam met die bene en die aartappeltjies.
  • Die murg-bene is baie ryk en het nie ander groente of stysel nodig nie.
Deel hierdie artikel

Leave a Reply