Ons monde hang steeds oop, ons lywe wil steeds dans en ons hande klap steeds ritmies, want ons het vanoggend ongelooflike GROOT gees beleef, ervaar en gesien! Die Monnies het niks teruggehou nie, vir niks teruggestaan nie en hulself oortref met GEES vir hulle skool, vir mekaar en vir hul gemeenskap. Dankie Monnies – julle passie en gees is aansteeklik. Dankie aan ons wonderlike borge wat hierdie hoendervleisgewende oggende moontlik maak – Beeld.com Mit-Mak Motors MBT Petroleum Laser Adventures en ons kunstenaars wat net elke week nog GROOT(er) gees na elke skool bring – Bouwer Bosch Verona Goslett Muzik Kids