You are currently viewing #SKOOLMETDIEBESTEGEES – Laerskool Voortrekker Eeufees

#SKOOLMETDIEBESTEGEES – Laerskool Voortrekker Eeufees

Deel hierdie artikel

it was ‘n SUPER-oggend, met SUPER-kids, SUPER-onnies en SUPER-GEES!! Die kreatiwiteit en oorspronklikheid was amazing met swartsak-“capes”, Hulk maskers, ‘n Ironman-banier, Ninja-turtle hempies en ‘n Superman-embleem op die bors! WOW! Dis wat ons kan sê, want die Fesies was aan die brand op Vrydag, 21 September 2018 en ons kele was warm gesing na ‘n oggend propvol gees en speel en ‘n hoof wat ingestem het om self die pak te vat en nat gespuit te word vir elke verkeerde antwoord wat hy sélf gegee het. Daar was ge-whip-whip en ge-nae-nae en toe daag die polisie op om die rugby- en sokkerhelde van die skool af te laai, want dis hoe hulle rol! Die hare en sterte het behoorlik gewaai van opwinding toe Wollies Animal Project vir die Fesies kom kuier het en die Fesies ‘n tjek oorhandig het om te help met die veeartskostes. En dan natuurlik beteken ons oggend nie veel sonder ons briljante borge nie. Laser Adventures, MBT Petroleum, Dr Tooth Little, Mit-Mak Motors dankie dat julle vir ons die PRET in ‘n prettige oggend gebring het. Dit was GROOT en dit was voorwaar ‘n FEES by die #Fesies en Ruan Josh het seker gemaak elke heup swaai en elke mond sing saam, maar dit help ook dat sy persoonlikheid en gees só aansteeklik is!

Deel hierdie artikel