You are currently viewing #JouMenseMyMense – 28 Augustus 2018 – Luitenant-Kolonel La-Rochel

#JouMenseMyMense – 28 Augustus 2018 – Luitenant-Kolonel La-Rochel

Deel hierdie artikel

Op 28 Augustus het ons by Little Company of Mary gekuier waar Luitenant-Kolonel La-Rochelle Swanepoel, of in die militêre-omgewing, meer bekend as Larrie Swanepoel, opgeneem is. Kolonel Swanepoel is al 35 jaar en 236 dae in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens – ‘n leeftyd! Die afgelope 11 jaar by Lyttleton Polisiestasie met net so een jaar tussen-in waar sy by Brooklyn Polisiestasie gedien het. Sy het die grootste gedeelte van haar loopbaan by die Finansiële Afdeling van die Polisie gewerk, asook operasioneel en dien op verskeie komitees. Sy is ‘n leier en voorloper by wie haar kollegas baie kan leer. Sy is streng, maar regverdig en het al verskeie medaljes in die Suid-Afrikaanse polisie verwerf, waarvan haar 30 jarige dienstoekenning die jongste is! Kolonel Swanepoel was getroud, maar haar man en ook haar seun is lank gelede oorlede. Nou woon La-Rochelle en haar dogter, La-Rochelle en haar twee pragtige kinders (hierdie ouma se kleinkinders) Hanro en kleindogter La-Rochelle in La-Rochelle straat! Gedurende 2016 is sy gediagnoseer met kanker. Hierdie “kursus” het haar die afgelope 2 jaar deur veelvuldige uitdagings geneem en haar familie en kollegas voel die pyn van haar geweldige lyding saam met haar. Sommer ‘n hele groep van haar kollegas het saam met ons kom inloer vanoggend: Kaptein Elize Nel, Kapelaan Ds Norman Mazibuko, Annelize Truscott, Barbara van der Merwe en Johannes Zulu. En ons vriende van SPAR het gesorg vir ‘n bossie blomme vir hierdie hospitaalbesoe!

Klik hier om na die fotos te kyk!

Deel hierdie artikel