Mce is ‘n 18 jarige dogter van Claremont in Pretoria-Wes wat ‘n tripleeg en serebraal gestremd is. Sy woon saam met haar Ouma, Pa, Ma, kleinboet Herman (13) en haar tweeling boetie JP (18) wat ‘n hemipleeg is. Ten spyte van haar eie uitdagings, moes Mce na haar Ouma Bokkie omsien toe haar ma kanker gehad het. Ma Lana vertel met trots dat hierdie dogter steeds haar regter- en linkerhand is…
Mce en haar tweeling broer sukkel om werk te kry as gevolg van hulle gestremdhede en daarom het Ouma laas jaar vir hulle 2 krimpvarkies gekoop waarmee hulle begin teel het. Mce het ook eendjies en voëltjies en jy kan sommer sien sy is gebore om om te gee en om te sien na iets of iemand wat versorging en liefde nodig het… Haar whatsapp profile pic lees: “I am proud to be disabled and I am thankful for who I am. I thank Jesus for my wonderful life and my wonderful family. We should always be thankful for everything we have and not be disappointed in the things we don’t have.”
Mce het vir ons ‘n briefie gestuur om asseblief haar ouma en ‘n ander tannie by hulle kerk wat emfiseem het te help met ‘n rolstoel. Danksy ons vriende van #SPARNorthRand en spesifiek Monument Park SuperSpar kon ons hierdie gesin vanoggend gaan verras met R1000 se kruideniersware asook die 2 rolstoele waarvoor Mce gehoop het vir haar mense wat geskenk is deur Rudy Joles en Wendy Joles van die #HartiesFoundation! ‘n GROOTfm dankie hiervoor!!!
Toe ons ry, was Ouma Bokkie in haar wiele reg om die sonskyndag buite die huis te kan geniet en die gesin alweer oppad om ‘n ander oom in hulle kerk wat ook hulp nodig het, te gaan bystaan…
Jou mense is my mense en sáám is ons beter!
Deel hierdie artikel