You are currently viewing #JouMenseMyMense – Zinre se Reis | 31 Julie 2024

#JouMenseMyMense – Zinre se Reis | 31 Julie 2024

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Zinre se Reis,  31 Julie 2024

In Februarie 2023 het die Stevens-gesin gehoor dat hul dogter, Zinre, met beenkanker, ook bekend as Ewing Sarcoma, gediagnoseer is. Sy het in Desember 2022 begin kla van pyn in haar reger bo-arm om die bisep-area nadat sy by die skool geval het. Haar ours, Jeandre en Vicaela het gedink dis dalk spierpyn na die val, totdat die pyn so erg geword het dat dit haar en hulle snags wakker gehou het. Nadat hulle X-strale, bloedtoetse, ‘n MRI-skandering en uiteindelik het ‘n biopsie op haar arm gedoen het, is dit op 14 Februarie 2023 wat die tragiese nuus met hulle gedeel is. Zinre het toe met chemoterapie begin en intussen is haar regterarm geamputeer. In Julie vanjaar, het Zine se dokter met haar gesin meegedeel dat die kanker na haar longe versprei het, en, daarom het die gesin besuit om vir Zinre ‘n “wenslysie” bymekaar te sit, om te kyk hoeveel drome Zine kan verwesenlik… Die Stevens-gesin het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply