KOMPETISIES LUISTER NOU
#SMDBG – Laerskool Tygerpoort

#SMDBG – Laerskool Tygerpoort

Ons het behoorlik op ‘n hoogtepunt die SKOOL MET DIE BESTE GEES vir 2018 afgesluit by die #Tygies op Vrydag, 28 September 2018 en daarvan sal elkeen kan getuig want die hartjies het gejuig!! Dit was pret en plesier van vroeg tot laat! Met die “coolste” tennis-tune-moves en die beste verjaarsdag liedjies vir die twee #GROOTverjaarsdag-maats Ruben Delmage en Pieter Cloete. Die onderwysers by Tygies het behoorlik uitgehaal en gewys net hóe talentvol hulle werklik is, met “ballerina-moves” wat ons nog NOOIT gesien het nie! Dit was beslis die ballerinas met die grootste spiere wat ons al ooit gesien het. Dit was net LEKKER, geen woord kan dit beter beskryf nie. Ons het lekker gesing en gedans, lekker nat geword, lekker Laser Adventures gespeel, lekker MBT Petroleum “brandstof” rondgery, Lekker gefloss 2 keer vir 2min saam met Dr Tooth Little, lekker spiere teen die kar gegooi met die Mit-Mak Motors kar-trek en lekker geglimlag vir fotos in die Beeld! DIT WAS LEKKER! Dankie Tygies dat ons by julle kon kom “jol”! Want dis wat ons gedoen het, gespeel soos wat mens moet! Ons het pret gehad saam met julle, selfs Arno Jordaan met sy lekker heup-swaai-songs het admit hy sal selfs sy kinders Tygies toe wil stuur! Dit wil gedoen word! Dankie Arno Jordaan dat jy die jaar so goed afgesluit het en dankie aan al ons borge sonder wie SKOOL MET DIE BESTE GEES net nie moonlik is nie. Laser Adventures, Mit-Mak Motors, MBT Petroleum, Dr Tooth Little, Beeld.

Close Menu