Op Vrydag, 11 Mei het Groot FM 90.5, Beeld en ons borge Mit-Mak Motors, USA Sports, MBT Petroleum en Laser Adventures by Laerskool Danie Malan gaan kuier vir #SKOOLMETDIEBESTEGEES2018. GROOT was ons verrassing om die skoolhoof op die verhoog te kry met “Juicy-Wiggle-moves” net so goed soos enige van die Danie Malan-leerlinge. Ruben Delmage het toe natuurlik glad nie geskroom om die skoolhoof ook uit te daag tot ‘n “dance-off” tot #GROOTvermaak van al die leerlinge nie. Die Danie Malanners weet van kaskar-resies, hard-saam-met-enige-Afrikaanse-liedjie-sing, GROOT-dans-moves en #GROOTgees saam met die onderwysers en assistente. Dankie aan Tussen Sterre wat ons bederf het as gaskunstenaars… hou hulle dop – hulle naam staan beslis geskryf in die sterre!
Deel hierdie artikelLaerskool Danie Malan #SMBG2018
- Post author:pietergroot
- Post published:May 16, 2018
- Post category:#SkoolMetDieBesteGees2018
- Post comments:0 Comments
Deel hierdie artikel