You are currently viewing GROOTfm 90.5 & Die GROOT Ontbyt se Hendri Myburgh maak sy stem dik by The Voice

GROOTfm 90.5 & Die GROOT Ontbyt se Hendri Myburgh maak sy stem dik by The Voice

Deel hierdie artikel

Ons eie Hendri Myburgh was genader om as deel van GROOTfm 90.5 en Die GROOT Ontbyt sy sprankelende persoonlikheid voor die kameras van The Voice SA se #RedRoomTakeover te gaan uitstraal.
Ons het hom so bietjie vrae gevra om te hoor wat sy ervaring was van voor tot agter die skerms.

Hoe het jy gevoel toe hulle jou nader?

Vir iemand wat ‘n passie daarvoor het om vir ‘n lewe te praat en wat die gevoel van adrenalien (wat deur regstreekse TV aangehits word) geniet, was ek baie opgewonde… Opgewonde omdat ek die “adrenalien gevoel” dadelik weer kon voel met die wete dat The Voice SA nog ‘n unieke platform is om nie net my stem nie, maar GROOTfm90. 5 en die GROOTontbyt se stem dik te maak.

Hoe het jy die voorbereiding hanteer?

Voorbereiding vir enige regstreekse program verg maar tyd, maar a.g.v. die aard van die program en die feit dat ‘n mens nie noodwendig weet wat die aand gaan gebeur nie, probeer mens om voorbereid te wees vir die onvoorsiene. ‘n Mens poog om ingelig te wees op al die talent, liedjies wat hul die aand sing, optredes van vorige episodes ens. Ten spyte van wat voorberei word is daar altyd die ‘onvoorbereide element’ waar jy op jou voete moet dink, want dit is wat regstreekse televisie is en dit is die wonderlike gedeelte daarvan! Dis die naaste vorm aan teater wat ‘n mens kry, wat NIE teater is nie!

Vertel ons oor jou ervaring tydens die regstreekse programuitsending?

Hoe verduidelik ‘n mens daardie gevoel? Die gevoel wanneer jy die regisseur in jou oor hoor aftel, die kenmerklike kenwysie van The Voice SA wat in die agtergrond speel en jy wat besef dat die kuns en verwondering van regstreekse televisie soveel groter as jyself is… Die oomblik wat jy besef jy gaan met die land se kykers praat en jy staan in die bevoorregte posisie om ‘n brand soos GROOTfm 90.5 en die #GROOTontbyt te verteenwoordig… Dis GROOT en ‘n gevoel wat enige persoon iewers in hul lewe behoort te ervaar !

Wat is jou raad vir die huidige finaliste?

Daar is soveel emosies wat deur die aand ervaar word. Jy sit met jou eie emosies, die talent wat deelneem se emosies, die afrigters se emosies, die gehoor en ook die span mense wat die produksie maak werk se emosies. Dis half onmoontlik en onregverdig om ‘n hoogtepunt te moet uitsonder. Daar is wel baie dinge wat in my oor gesê word wat die kyker nooit sal hoor of sien nie… Soms lag ‘n mens maar in jou mou want jy weet dat emosie soms oorneem en dat die mens dán sekerlik op sy eerlikste is.

Deel hierdie artikel

Leave a Reply