Karen Blanchè – Brownie Sjokoladekoekies
Karen Blanchè – Brownie Sjokoladekoekies
Tyd: 60 min
Bedien: 5 porsies
Soet
Bestanddele:
660g Goeie kwaliteit donker sjokolade
240g Botter
6 Eiers
500 g Suiker
400g Koekmeelblom
1 teelepel Bakpoeier
350g Wit sjokolade (opgekap)
350g Melk sjokolade (opgekap)
500g Jou keuse van neute (opgekap)
Metode:
Voorbereiding:
- Smelt die botter en sjokolade
- Klits die suiker en eier apart
- Meng suiker en sjokolade mengsel bymekaar.
- Vou droeë bestanddele by.
- Meng die opgekapte sjokolade en neute by.
- Verkoel vir 2 uur
- Verdeel in 20 g balletjies en pak tenminste 3cm uitmekaar.
- Bak teen 170°C vir 13 minute.