Suzanne Crozier – Koesisters
Suzanne Crozier – Koesisters

Tyd:
2 Ure
Bedien:
12 porsies
Gebak
Bestanddele:
700g Koekmeel
45ml Fyn kaneel
15ml Fyn gemmer
5ml Gemengde speserye
10ml Gedroogde naartjieskil
1x (10 ml) pakkie kits-gis
5ml Oryx Woestynsout
100g Botter, gesmelt
200ml Louwarm-melk+
200 ml louwarm-water
B-well se Frywell Olie vir diepvetbraai
SOUS:
250ml Suiker
500ml Water
2x Steranys
1x Kaneelstokkie
1x Naartjie se skil
250ml Fyn klapper
Metode:
Voorbereiding:
1. Meng koekmeel, geurmiddels, gis en naartjieskil saam.
2. Roer botter en melk saam en meng saam met droë bestanddele.
3. Gooi genoeg water by om ‘n sagte deeg te vorm.
Knie tot elasties
4. Laat rys vir 20 minute
5. Vorm R5-grootte bolletjies en vorm in lang rugbybalvorms.
6. Braai in B-well se frywell olie tot goudbruin en gaar.
Laat afkoel
7. Bring sous-bestanddele tot kookpunt en laat die koesisters daarin week vir minstens 10 minute of
tot sous deur deeg kom.
8. Haal uit die sous en rol in die klapper
9. Bedine lou warm