You are currently viewing #HOOPstoot – Kersfees HOOPstoot 2 – ‘n Beurs vir Danielle Burger – 15 November

#HOOPstoot – Kersfees HOOPstoot 2 – ‘n Beurs vir Danielle Burger – 15 November

Deel hierdie artikel

Danielle Burger moes leer veg van haar eerste asemteug. Sy is gebore te midde van soveel komplikasies en mense wat eintlik daar al wou opgee op haar… Sy het bitter swaar gekry op skool met kinders wat haar gespot het. Sy het nie voortande gehad nie, skoliose het haar rug krom getrek en haar groei beperk met werwels wat nie almal ontwikkel het nie. In 2017 beleef hierdie stil-sterk dogter ‘n groot terugslag toe haar pa skielik sterf en oornag verander hierdie gesin se hele lewe. Danielle se ma, Sunette verloor boonop haar werk in dieselfde tyd. Hulle sukkel steeds om die huis verkoop te kry om dit na 23 jaar nie net te verloor nie. Danielle het al 2 neusoperasies gehad hierdie jaar en as haar matriekeindeksamen net eers agter die rug is, lê daar vir haar nog ‘n groot rekonstruksie operasie voor. Haar ma kry steeds nie werk nie, maar moed opgee en gaan lê was net nog nooit vir hulle gesin ‘n opsies nie. Danielle het byvoorbeeld haar spaargeld gebruik om vir haarself ‘n rok te kon koop vir haar matriekafskeid en dis waar ons haar die eerste keer ontmoet het. Ons kon haar by Stephnie’s in Lynnwood Bridge verras met ‘n bydrae vir haar matriekafskeid. Vir hierdie verrassing het ons weer ‘n afspraak gereel by Stephnie’s vir wat Danielle en haar ma gedink het sommer net ‘n gesprek sou wees om te hoor hoe haar matriekafskeid was… Ons het egter geweet daar is nog ‘n hekkie om te oorkom – die finansies wat nodig is vir Danielle se droom om onderwys en Sielkunde te gaan studeer. Ons het begin gesels oor hoe haar planne vir volgende jaar vorder en toe het ‘n hele span kollegas van GROOTfm 90.5 saam met ons vriende van Vision Properties een vir een om die hoek gekom met ‘n bossie blomme of sjokolade in die hand voor Engela Wissing van Vision Properties die goeie nuus met Danielle gedeel het dat hulle vir haar ‘n beurs ter waarde van R30 000 gee! ‘n GROOTfm 90.5 dankie vir Stephnie’s se bederf en hierdie HOOPstoot van Vision Properties vir ons “Juffrou Danielle Burger” oor wie se toekoms ons sommer baie opgewonde is!

 

 

Vir al die fotos volg die skakel: ‘n Beurs vir Danielle Burger – 15 November

Deel hierdie artikel

Leave a Reply