Inge Pretorius – Sampioengereg
Inge Pretorius – Sampioengereg
Tyd:
30 Min
Bedien:
2 Persone
Groente
Bestanddele:
1 Pak bruin sampioene - opgesny
1 ½ Eetlepel B-Well Olyfolie
1 Eetlepel botter
Paar takkies vars tiemie
1 Suurlemoen
Sout en peper
Metode:
- Verhit n pan, voeg die botter en olie in pan.
- Braai die sampioene tot bruin, roer so af en toe.
- Rasper die skil van ‘n halwe suurlemoen by.
- Voeg die tiemie by- net die blare, nie die stingeltjies nie.
- Wanneer die sampioene mooi bruin gebraai is, voeg die suurlemoen sap (van hele suurlemoen) by.
- Geur met sout en peper na smaak.
- Bedien met Pita broodjie, of op pasta Maklik, geurig en baie lekker!