Inge Pretorius – Beetsop
Inge Pretorius – Beetsop

Tyd:
30 Min
Bedien:
6 Persone
Sop
Bestanddele:
3 koppies gaar beet
1 koppie Griekse volroom-jogurt
½ koppie sprietuie
½ koppie seldery
½ teelepel vars
gerasperde gemmer
½ koppie vars koljanderblare
Sap van een suurlemoen
½ skil van 1 suurlemoen
gerasper
1 koppie bloubessies
(vars of gevries)
Metode:
- Meng al die bestanddele saam in ‘n menger tot goed gemeng.
- Voeg sout en swart peper by na smaak
- Bedien koud met vars gekapte koljander en ekstra jogurt vir garnering
- Jy kan ook die gemmer ruil met ½ teelepel komynsaad