Hennie Fisher –
Kersfees Eier-nog
Hennie Fisher – Kersfees Eier-nog
Tyd:
60 Min
Bedien:
12 Persone
Drink
Bestanddele:
6 eiers, geskei
220g suiker
300ml melk
325ml (1 blik) ingedampte melk
2,5ml sout
250ml room
250ml rum
10 ml Vanielje
(of 1 peul, ekstrak, geursel)
3 stokkies kaneel
10 nealtjies
Neutmuskaat Kaneel- olie:
60ml B-Well Canola olie
15ml gemaalde kaneel
Metode:
- Warm die melk en ingedampte melk met die kaneel en naeltjies (ook die vanielje-peul indien gebruik) op.
- Bring net tot borrel, en draai dan die hitte af.
- Voeg sout by.
- Laat die speserye in die melk mengsel trek om die geur daarvan te kry.
- Room die eiergele en die suiker saam.
- As die melk mengsel nog warm is, ‘temper’ eers die eiers met bietjie van die mengsel.
- Meng dan die eier/suiker en melk mengsel saam.
- Plaas terug op die stoof, en verhit baie stadig en versigtig totdat die eierproteine gaar word en die mengsel verdik. Verwyder onmiddelik en gooi deur ‘n sif om die speserye te verwyder.
- Laat afkoel.
- Voeg die room, vanielje ekstrak/geursel (indien ‘n peul nie gebruik is nie) en rum by.
- Warm die B-Well op, en meng die kaneel in, laat afkoel.
- Net voor bediening, klits die eierwitte styf en vou in die eier-melk mengsel.
- Bedien oor ys met vars gerasperde neutmuskaat en paar druppels kaneel-olie bo-oor.