Hennie Fisher –
Mosambiek met eksotiese
vrugte-slaaisous
Hennie Fisher – Mosambiek met eksotiese vrugte-slaaisous


Tyd:
30 Min
Bedien:
8 Persone
Groente
Bestanddele:
2 Knoffelhuisies (4g), fyn gekap
5g Sout10g Suiker
3g Vars gemaalde peper
10g Voorbereide mosterd
10g Tamarynvlees
5 Groot of 10 klein Kremetartsade
1 Suur (doring) klapper (ongeveer 20 ml)
125ml B-Well olyfolie
Metode:
- Maak die knoffel fyn met die sout.
- Rasper die kremetart op ‘n micro plane, tot al die buitenste wit vlees verwyder is.
- Druk die suurklapper teen ‘n sif om die sap te verkry.
- In ‘n blender, plaas al die bestanddele behalwe die olie.
- Meng om ‘n goeie emulsie te verkry.
- Gooi die olie stadig by om te verseker dat die emulsie bly, en dit nie skei nie.
- Bedien met enige groente of blaarslaai.