#𝐉𝐨𝐮𝐌𝐞𝐧𝐬𝐞𝐌𝐲𝐌𝐞𝐧𝐬𝐞 – 𝟏𝟑 𝐌𝐞𝐢 𝟐𝟎𝟐𝟎 – 𝐃𝐢𝐞 𝐬𝐢𝐧𝐞𝐫𝐠𝐢𝐞, 𝐬𝐚𝐚𝐦𝐬𝐩𝐚𝐧 𝐞𝐧 𝐬𝐚𝐦𝐞𝐰𝐞𝐫𝐤𝐢𝐧𝐠 𝐯𝐚𝐧 𝐤𝐞𝐫𝐤𝐞, 𝐛𝐞𝐬𝐢𝐠𝐡𝐞𝐝𝐞, 𝐍𝐏𝐎’𝐬 𝐞𝐧 𝐬𝐤𝐨𝐥𝐞 Die 𝐒𝐏𝐀𝐑 𝐖𝐨𝐦𝐞𝐧’𝐬 𝐂𝐡𝐚𝐥𝐥𝐞𝐧𝐠𝐞 het elke jaar ‘n tema wat regtig elke tree van die wedloop soveel betekenis gee. Miskien onthou jy ook vir #bettertogether. “𝐒𝐚𝐚𝐦 𝐢𝐬 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐞𝐭𝐞𝐫” is egter soveel meer as ‘n 𝐭𝐞𝐦𝐚 wat ons op ons harte gedra het toe 25 000 mense daai jaar saam gehardloop het. Dis ‘n 𝐰𝐚𝐚𝐫𝐡𝐞𝐢𝐝 wat in hierdie tyd oor en oor bewys word en dis ook die 𝐟𝐨𝐤𝐮𝐬 van 𝐆𝐑𝐎𝐎𝐓𝐟𝐦 𝟗𝟎.𝟓 en 𝐒𝐏𝐀𝐑 se #JouMenseMyMense inset vandag. Oral oor ons stad is 𝐤𝐞𝐫𝐤𝐞, 𝐛𝐞𝐬𝐢𝐠𝐡𝐞𝐝𝐞, 𝐧𝐢𝐞𝐰𝐢𝐧𝐬𝐠𝐞𝐰𝐞𝐧𝐝𝐞 𝐨𝐫𝐠𝐚𝐧𝐢𝐬𝐚𝐬𝐢𝐞𝐬 en 𝐬𝐤𝐨𝐥𝐞 besig om as een groot gemeenskap kragte saam te span en sien ons prakties die beginsel van 𝐬𝐢𝐧𝐞𝐫𝐠𝐢𝐞: waar die geheel en die totale impak groter is as die som van die aparte dele – van elkeen wat op sy eie ietsie probeer doen. Ons het met kerkleier, 𝐖𝐢𝐥𝐥𝐞𝐦 𝐁𝐚𝐝𝐞𝐧𝐡𝐨𝐫𝐬𝐭 en die voorsitter van die 𝐏𝐫𝐞𝐭𝐨𝐫𝐢𝐚-𝐖𝐞𝐬 𝐆𝐞𝐦𝐞𝐞𝐧𝐬𝐤𝐚𝐩𝐬𝐟𝐨𝐫𝐮𝐦, 𝐉𝐨𝐡𝐚𝐧 𝐂𝐥𝐨𝐞𝐭𝐞 gesels oor die gedeelde las wat ligter is as die liggaam van Christus saam werk. 𝐅𝐫𝐚𝐧𝐜𝐨𝐢𝐬 𝐒𝐜𝐡𝐨𝐨𝐦𝐛𝐞𝐞 van 𝐤𝐞𝐫𝐬𝐤𝐨𝐧𝐝𝐞𝐫𝐦𝐮𝐫𝐞 en die skoolhoof van 𝐋𝐚𝐞𝐫𝐬𝐤𝐨𝐨𝐥 𝐒𝐚𝐚𝐦𝐬𝐩𝐚𝐧, 𝐌𝐚𝐫𝐢𝐮𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝐍𝐢𝐞𝐤𝐞𝐫𝐤 het vertel van die inisiatiewe in hulle gemeenskap en hoe kerke van verskillende denominasies, organisasies en gesinne wat ten spyte van hulle eie behoeftes kragte saam span om seker te maak niemand ly honger nie. #LuisterWeer: https://iono.fm/e/859479 Na Rupert en sy span van 𝐄𝐆𝐆𝐛𝐞𝐫𝐭 𝐄𝐢𝐞𝐫𝐬 Ronell se mooi briefie oor haar man, Marius gelees het, het hulle besluit om as ‘n #eggknowledgement 90 dosyn eiers te skenk vir die voedingskema van Laerskool Saamspan waar Marius die skoolhoof is. Baie dankie daarvoor! En dankie ook vir elke ouer wat self sente draai, maar steeds die gesinne in hulle gemeenskap bystaan. Dankie aan ons kerke wat hande vat en organisasies wat met mekaar deel, besighede wat steeds gee terwyl hulle self bekommer oor salarisse aan die einde van die maand. Saam is ons beter! Saam is die las ligter en saam kom ons anderkant uit!
𝙇𝙪𝙞𝙨𝙩𝙚𝙧 𝙬𝙚𝙚𝙧 𝙝𝙞𝙚𝙧:
Vir al die fotos volg die skakel: #JouMenseMyMense – 13 Mei 2020
Deel hierdie artikel