#JouMenseMyMense – Mandie Swanepoel | 3 Desember 2025 | GROOTfm 90.5
Mandie (42 jaar) is van geboorte af gediagnoseer met ’n spiersiekte waarvoor dokters nog nooit ’n definitiewe naam kon gee nie. Sy is spasties serebraal gestremd in haar bene en ly aan ’n vorm van miopatie. Met die jare het haar toestand al hoe moeiliker geraak – sy kan glad nie meer self loop nie, en haar gewrigte en limfstelsel funksioneer nie meer soos dit behoort nie.
Tog het Mandie nooit moed opgegee nie. Sy is ’n toegewyde Wiskunde-onderwyseres vir Graad 10 – 12 leerders by Zambesi Akademie, waar sy elke dag haar passie vir leer en haar liefde vir jongmense uitleef. Maar sonder haar ‘shoprider’ is sy heeltemal afhanklik van ander om selfs die eenvoudigste dinge te kan doen. Haar huidige Shoprider is al meer as 25 jaar oud en te klein vir haar behoeftes.
Dit raak al hoe moeiliker vir haar om dit te gebruik, en dit bied nie meer die ondersteuning en gemak wat sy dringend nodig het nie. Ongelukkig kan die gesin dit nie bekostig om ’n nuwe een aan te skaf nie. Haar man het onlangs sy werk verloor en die gesin dra reeds swaar aan buitensporige mediese uitgawes.
Al drie hulle kinders (13, 15 en 17 jaar oud) toon dieselfde simptome as hul mamma, en moet hulle gereeld vir mediese ondersoeke en prosedures gaan om hul beweging te bestuur. Mandie, Jansie (Pappa), Henog, Lara en Ouma het kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
