Op jou voete, maar ook “op jou knieë dink en bid” is hoe ons anderkant hierdie moeilike grendeltyd gaan uitkom met aanpasbaarheid as ons almal se middelnaam hierna. GROOTfm 90.5 en SPAR se #JouMenseMyMense inset vandag, fokus op die werk van ELEOS in die weste van Pretoria. ELEOS, wat “genade in aksie” beteken, is al die afgelope 20 jaar besig om ‘n tasbare verskil te maak in die lewens van minderbevoorregte kinders en hulle gesinne in Pretoria-Wes. Verhouding is die fondasie waarop elke volhoubare projek gebou word, hetsy die naskole-, Agape- en Giggles groepe, ouerleiding, kampe, berading en maatskaplike dienste. Hulle volg ‘n belangrike benadering van: help ‘n gemeenskap om homself te kan help, want dit gee vir mense selfwaarde wat nodig is om self op te staan, onafhanklik te funksioneer en homself uit armoede uit te werk! Genade is soms ‘n broodjie of net ‘n oor wat hoor, ‘n beurs of ‘n kospakkie, ‘n drukkie of ‘n gebed en danksy ‘n Genadige God kon ‘n span toegewyde gemeenskapswerkers en vriendinne vinnig die nodige aanpassings maak om steeds genade, hoop, liefde en omgee op kreatiewe maniere tasbaar te maak in ‘n grendeltyd.
“Genade in aksie” het ‘n mooie momentum gegee waarop mens wil antwoord en sê: “Hier is my hande en hier is my voete.” EGGbert Eiers sê hier is 90 dosyn eiers, want hulle wil graag die egg-stra myle wat Eleos stap #eggknowledge en danksy ‘n anonieme borg kan GROOTfm 90.5 en SPAR se JouMenseMyMense projek ‘n verdere bydrae van R2000 maak tot ELEOS se werk.
𝙇𝙪𝙞𝙨𝙩𝙚𝙧 𝙬𝙚𝙚𝙧 𝙝𝙞𝙚𝙧:
Vir al die fotos volg die skakel: #JouMenseMyMense – 13 Mei 2020
Deel hierdie artikel