#JouMenseMyMense saam met SPAR – Romeine 8:37
Petrus van Wyngaard en Naomi du Plooy het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om hulle vriendin, Ansie van Wyk, te bederf.
Petrus sê: ‘Ek ken Ansie vir 16 jaar en sy is ‘n baie sagte mens wat almal se belange op die hart dra. Ansie werk al vir 12 jaar by Nuwe Hoop skool as ‘n onderwyser-assistant. Sy het ‘n passie vir gestremde kinders en mense omdat Ansie se ma en stiefpa blind is. Ek is ook totaal blind en dit is hoe ek Ansie ontmoet het. Ansie was die persoon wat my 6 jaar gelede saam kerk toe gesleep het, waar ek my hart en lewe vir ons Hemelse Vader gegee het’.
Petrus vertel verder: ‘Naomi en Ansie werk saam by Nuwe Hoop skool en hulle is waarlik soos susters. Naomi het met die idee gekom dat ons vir julle ‘n epos stuur om te vra of julle GROOT ASSEBLIEF vir Ansie bietjie kan bederf’.
Ansie is deur ‘n baie uitdagende paar maande. Sy en haar verloofde is onlangs uitmekaar, en haar hart is gebreek.
Ons het die voorreg gehad om haar te verras by Nuwe Hoop, met behulp van haar Departementshoof, Karen Venter. Sy het vir Ansie gesê hulle moet die lesse vir die laaste paar maande beplan. Ansie het niks verwag nie.
Ons het ook die voorreg gehad om haar te herinner aan haar waardigheid! Dat sy vir God Jesus werd is! En om haar, met behulp van die volgende borge te bederf: ‘n GROOT dankie aan Kolonnade vir die R1000-geskenkbewys, 2 X SterKinekor-fliekkaartjies, ‘n R250-geskenkbewys van Rocco Mamas, en ‘n SkinPHD-Kolonnade bederf wat ‘n ‘facial’, rug en nek-massering, ‘n ‘manicure’ en ‘pedicure’ insluit.
Ansie is besig met haar genesingsproses, en het opnuut besef hoe belangrik ‘n ondersteuningsnetwerk is. Sy is dankbaar vir haar vriende en familie, en die Here wat haar rots is. Haar boodskap aan ander wie se hart ook gebreek is, is: ‘As jy wil huil, huil. As jy wil kwaad wees, wees kwaad. Hou vas aan die Here, want Hy vat die pyn weg.’
Liewe Ansie, en ons boodskap aan jou is: Geen mens op aarde kan jou waarde bepaal nie, want God het reeds. ‘You are worth Jesus to God’.
Fotos: Jislaai-JA! Photography
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: