You are currently viewing TSHWANE VERKEERSDEPARTEMENT BANKVAS AGTER DIE GROOT TRAP!

TSHWANE VERKEERSDEPARTEMENT BANKVAS AGTER DIE GROOT TRAP!

Deel hierdie artikel

TSHWANE VERKEERSDEPARTEMENT BANKVAS AGTER DIE GROOT TRAP!

Na deeglike ondersoek en uitgebreide konsultasie met verskeie belanghebbendes, het die Tshwane Verkeersdepartement Die Groot Trap se roete vandeesweek gefinaliseer. Die GROOT Trap, met trots aangebied deur GROOTfm 90.5, vind op 3 April vanjaar by Sun Arena Time Square plaas en bied afstandsopsies oor 105km en 75km. Inskrywings is nou oop op www.cycleevents.co.za en beperk tot 2 500 fietsryers.

Die verkeersdepartement en Die GROOT Trap se roetedirekteur, Patrick Smit, het die afgelope twee weke verkeersladings- en vloei op verskeie paaie in Pretoria-Oos gemonitor en ook met sakeondernemings geskakel, en het besluit op ‘n aangepaste roete vir die tweede helfte van die wedren.

In plaas daarvan om terug te keer na Pretoria met die M30 van Bapsfontein af, sal jaers regs draai in met die M6, wat later Lynwood-weg word.

Die wedren sal uit Lynwood-weg links draai in Solomon Mahlangu en dan regs in die M30 (Garstfontein-laan). Kort voor Time Square draai jaers regs in January Masilela en links in Aramis-laan om die eindpunt te bereik met Time Square aan die een kant en Menlyn Maine aan die ander. Die begin en einde is te midde van ‘n lekker kuier-atmosfeer ten aanskoue van verskeie restaurante by Menlyn Maine.

Die Tshwane Verkeersdepartement se operasionele plan behels die ontplooing van ‘n reuse-getal verkeersbeamptes op die roete. ‘n Totaal van  125 statiese wedrenbeamptes van Lenick Promotions word ook ontplooi.

Die verkeersdepartement maak ook 20 motorfietsryers en 10 voertuie beskikbaar om groepe te begelei. Daarbenewens sal 25 motorfiets-begeleiers van die Road Rangers Safety Initiative ook groepe begelei.

Vir die volledige roetekaart- en omskrywing gaan na die inskrywingsblad by http://www.cycleevents.co.za/road-events/die-groot-trap-2022/#more-26613

Die wedren se logistiek en roetebeheer word hanteer deur De Villiers National Cycling en Lenick Promotions met die deurwinterde wedrendirekteur, Wynand de Villiers aan die spits.

De Villiers het  oor die afgelope 22 jaar ‘n verskeidenheid wedrenne tot stand gebring en bestuur, insluitend die Emperors Palace Classic, Satellite Classic, Berge en Dale, Jock Toer, Tour du Cap, Boland 100 Miler en die Montecasino Classico.

“Lenick Promotions en De Villiers National Cycling implimenteer ons beproefde model van roetebeheer op Die Groot Trap. Ons werk nou saam met die Tshwane Verkeersdepartement en ons span het ‘n merkwaardige begrip van die kragte wat inwerk op ‘n roete en wat dit behels om ‘n veilige ry-omgewing vir fietsryers te skep.”

“Die Groot Trap is baie bevoorreg in dié verband met die Tshwane Verkeersdepartement wat die wedren ondersteun. Dit, tesame met ons ervare statiese en mobiele roetebeamptes, sal verseker dat fietsryers veilig is.

“Ons het oor die jare talle wedrenne tot stand gebring, insluitend die Emperors Palace Classic wat gegroei het van 500 jaers in die eerste haar tot meer as 8000 ryers tien jaar later. In die afgelope Montecasino Classico het ons 2500 jaers onthaal,” aldus De Villiers.

Die 105km roete is heuwelagtig en uitdagend, maar binne bereik van die meeste fietsryers wat bereid is om te oefen en goed voor te berei. Die totale styging in hoogte bo seespieël op die 105km roete is 1100m.

Die 75km is ‘n lekker prettrap wat haalbaar is vir almal, mits jy darem ‘n fiksheidsvlak in ‘n sportsoort handhaaf. Die totale styging in hoogte bo seespieël op die 50km roete is 840m.

Coca Cola is bevestig as borg vir die waterpunte en jaers sal ook bederf word met smullekker eetgoed by die waterpunte.

 

DIE GROOT TRAP: VINNIGE FEITE

Datum: 3 April 2022

Tyd: 06h15

Plek: Sun Time Square, Pretoria-Oos

Afstande: 105km| 75km

Inskrywingsfooie:

105km: R450

75km: R370

 

Tydhouding: RaceTec

Enigiemand kan deelneem aan die wedren, insluited CSA gelisensiëerde veterane en elite ryers, sowel as ryers met ‘n gewone CSA affiliasielisensie.

 

WAAR OM WEDREN-NOMMERS OP TE TEL

Registrasie vind plaas by Time Square en dit gaan gepaard met ‘n Fietsry-Ekspo:

Donderdag 31 Maart: 09h00 – 16h00

Vrydag 1 April: 09h00-16h00

Saterdag 2 April: 09h00 – 15h00

Vir meer inligting en om in te skryf, gaan na www.cycleevents.co.za

WEDRENKANTOOR: Lenie Smit 083 534 7979 OF lenickpromotions@gmail.com

Deel hierdie artikel

Leave a Reply