#JouMenseMyMense – Klein Ané | GROOTfm 90.5
Die 6-jarige Ané is prematuur gebore op 22 November 2018. Sy het 980g geweeg. Na ‘n virus in die hospitaal het Ane meeste van haar ingewande verloor. Vyf dae na haar geboorte het die dokter Mamma Nadine ingeroep en vertel dat sy minder as 20% kans op oorlewing het. Nadine en Ané se pa is na privaatkamer geneem om alle moontlike tyd saam met Ane deur te bring en te groet. Dis toe haar Pa finaal groet, en nog nooit weer het hulle hom gesien nie.
Ane het oorleef, en tans het Ma Nadine drie verskillende werke om Ané se mediese kostes as enkelmamma te dra. Ané is een van die heel eerste kinders in Suid-Afrika wat met Intestinal Failure gediagnoseer is en tans daarmee saamleef. Dis ‘n toestand waar die ingewande nie voedsel behoorlik kan verteer of vloeistowwe, elektroliete en voedingstowwe kan absorbeer nie.
Dit kan lei tot ernstige voedingstekorte, dehidrasie en ander komplikasies wat lei tot gereelde hospitaal-opnames. Daar is ongelukkig geen genesing nie. Sy is afhanklik van binne-aarsevoeding en ook die eerste kind in Suid-Afrika wat met al die masjiene en voeding by die huis versorg word. Geen pasiënt het al so lank geleef met die diagnose nie. Mamma Nadine en Ané het by GROOTfm 90.5 kom kuier… ❤️❤️❤️
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel