You are currently viewing SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS! – Die GROOT Trap

SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS! – Die GROOT Trap

Deel hierdie artikel

SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS!

Die indrukwekkende Sun Time Square in Pretoria-Oos speel op 3 April vanjaar gasheer vir Pretoria-Oos se langverwagte nuwe mass-deelname fietswedren, Die Groot Trap, met trots aangebied deur Groot FM en Sun Time Square.

Inskrywings vir Die Groot Trap sluit komende Dinsdag-aand (21 Maart).

Die reaksie op die bekendstelling van Die Groot Trap is niks kort van absoluut oorweldigend nie, en ons word toegesak deur Pretorianers wat wil saamtrap op 3 April.

Die Groot Trap bied afstand-opsies oor 105km, 75km en 20km aan en daar is selfs ‘n Spur Kindertrap vir tjokkers tussen 2 en 5 jaar.

Die wedren word ondersteun deur die Pretoriase Verkeersdepartement sowel as Nooddienste wat op die wedrendag fietsryers se veiligheid sal verseker.

Die wedren se logistiek en roetebeheer word hanteer deur De Villiers National Cycling en Lenick Promotions.

 

DIE GROOT TRAP: VINNIGE FEITE

Datum: 3 April 2022

Tyd: 06h30

Plek: Sun Time Square, Pretoria-Oos

Afstande: 105km| 75km | 20km

Inskrywingsfooie:

105km: R450

75km: R370

20km Prettrap: R220

Spur Kindertrap (2-5 jariges): R50

Tydhouding: RaceTec

Enigiemand kan deelneem aan die wedren, insluited CSA gelisensiëerde veterane en elite ryers, sowel as ryers met ‘n gewone CSA affiliasielisensie.

WAAR OM WEDREN-NOMMERS OP TE TEL

Registrasie vind plaas by Time Square en dit gaan gepaard met ‘n Fietsry-Ekspo:

Donderdag 31 Maart: 09h00 – 16h00

Vrydag 1 April: 09h00-16h00

Saterdag 2 April: 09h00 – 15h00

Om in te skryf, KLIK HIER!

WEDRENKANTOOR: Lenie Smit 083 534 7979 OF lenickpromotions@gmail.com

Deel hierdie artikel

Leave a Reply