#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Rochelle Lotter
Petro Lotter is ‘n enkelmamma van twee pragtige dogters – Gizelle, 9-jaar, en Rochelle, 13 maande oud. Rochelle is op 7 April 2020 gebore in Petro se suster, Ronel, se kar – tydens vlak 5 van die inperking.
Klein Rochelle is gebore met PP-sindroom (Popliteal Pterygium Sydrome), wat veroorsaak dat sy ‘n haaslippie het. Hierdie sindroom het ook die ontwikkeling van haar bene affekteer, en kan sy dit op hierdie stadium nie reguit maak nie.
Petro bly tans by haar ouers, en haar suster Ronel is ook baie betrokke. Die gesin het verlede jaar, na Rochelle se geboorte, ondersoek gedoen na ‘n operasie vir Rochelle, maar die staatshospitale wat hulle gekontak het, se operasies was beperk as gevolg van die pandemie.
Ronel het ons gekontak en met ons gedeel wat die talle uitdagings behels. Onder meer dat Rochelle besig is om tande te sny en dat sy uit ‘n spesiale bottel moet drink – omdat haar mondjie heeltemal misvorm is. Die gesin is ook bekommerd dat die huidige toestand van haar mond later haar spraak kan affekteer en benadeel.
Rochelle moet tans ma Petro se voltydse aandag geniet, aangesien sy ook glad nie op haar rug kan lê nie, en dit tot verstikking kan lei. Ma Petro kan dus nie bekostig om te werk nie, en oorleef tans op ‘n Sassa-toelaag. Sy woon by haar ouers in Grootvlei.
Petro en haar ouers is ook tans beperk wat die generering van ekstra fondse betref, omdat hulle al die beskikbare fondse vir Rochelle se benodighede en basiese behoeftes gebruik word.
Andrea Dos Santos, Suzanne de Beer en Dr. Sharan Naidoo is die direkteure en stigters van hierdie niewinsgewende organisasie wat nie net fondse insamel vir operasies nie, maar ook waardevolle bewusmaking doen rondom gesplete lippe en verhemeltes. Dr. Naidoo gee sy vaardigheid en tyd pro bono en as ‘n span maak hulle ‘n vir-altyd-glimlag moontlik vir ‘n gesin wat dit andersins nie sou kon bekostig nie.
Die gesin het met die organisasie kontak gemaak, en die kortlys gehaal. Ons het hulle ateljee toe genooi om hulle storie te vertel. Min het hulle geweet hoe die gesprek gaan eindig.
Blissful Cleft Foundation het met ‘n fondsinsamelingsaksie verlede jaar, saam met ‘n funksie die jaar, ‘n groot gedeelte van die fondse wat nodig is vir Rochelle se operasie ingesamel. GROOTfm 90.5 het met behulp van ‘n luisteraar skenking en ‘n donasie van Cosmo Industrial ook ‘n bydrae gemaak.
Baie dankie aan ‘n GEEmeenskap! Aan Cosmo Industrial vir julle donasie, en aan SPAR vir die R2 000-geskenkbewys! Baie dankie aan Blissful Cleft Foundation dat julle nie net sorg vir ‘n splinternuwe glimlag op die buitebeeld van ‘n kind nie, maar bo alles, ‘n volhoubare glimlag wat diep binne-in heers!
Jou mense is my mense, en saam is ons beter!
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: