‘Skool met die GROOTste Gees’ is TERUG!
“Ons het die gees, ja man, JA!”…of het julle?
‘Skool met die GROOTste Gees’ is terug, en GROOTfm 90.5 in samewerking met Gys Pitzer Motoring as hoofborg, gaan vanjaar 20 skole se gees, maar ook gee toets!
Na twee jaar se stilte met die Covid 19-inperkings en -beperkings, is groot byeenkomste terug, vergesel deur die gedreun en gedruis van massas kinders wat op ‘n pawiljoen vergader. Daar is min dinge wat eenheid so definieer en weerspieël soos die klank van geesvang tydens ‘n massa-byeenkoms, en GROOTfm 90.5 is trots om voor te vat met ‘n projek wat kinder- en volwasse-harte (en ore!) so vervul.
Vanaf 24 Februarie tot einde September, kry skole in en om Pretoria die geleentheid om vir GROOTfm 90.5, Gys Pitzer Motoring en die hele GROOTfm 90.5- gemeenskap te wys wat gees regtig beteken. Die wen-skole, laer- en hoërskool, stap nie net weg met die gesogte titel as die skool met die grootste gees nie, maar met ‘n kontantprys van R50 000 onderskeidelik. Nie net is daar ‘n bederf vir die leerders en skole nie, maar ook die ouers wat ‘n kans staan om ‘n wegbreek na Castle De Wildt in Modimole ter waarde van R10 000, geborg deur Gys Pitzer, te wen.
Skole wys eers hul algehele gees deur liedjies en bewegings wat eie is aan hulle skoolkultuur en repertoire, en, daarna lewer die skool hulle uitvoering van ‘n voorgeskrewe liedjie – voorgedra deur GROOTfm 90.5-omroeper en sanger, Francois van Rensburg – wat elke skool vooraf leer en oefen, tesame met eenvoudige bewegings. Die liedjie se naam? Wat anders as, GAAN GROOT!
Laasgenoemde aksies vorm ‘n groot deel van die beoordeling.
Nie net word hierdie skole se gees bepaal deur die volume van hulle sang, skree en dans nie, maar, ook hoe harT hulle sing, skree en dans. Die ware essensie van gees lê immers in ons gemeenskapsbetrokkenheid en in verskilmaak. Elke skool kies ‘n liefdadigheidsorganisasie, samel goedere vir hul gekose organisasie in, verpak dit in sakke, en rangskik dit uiteindelik in die vorm van ‘n ‘G’. Hierdie sakke word getel, en die ‘G’ word gemeet. Hierdie element speel ook ‘n groot rol in die eindpunt van die skool se finale verslag.
Net nadat die leerders hul gees en gee gewys en bewys het op die pawiljoen, is daar ‘n paar aksies wat op die veld plaasvind. GROOTfm 90.5 se Die GROOT Brekfis-oggendspan saai regstreeks uit vanaf die skool, 06:00 tot 09:00, waartydens ‘n onderhoud met die skoolhoof gevoer word, en verskeie op-lug aksies wat gedryf word. Die spanbou-fasiliteerders, Laser Adventures, hou ook tien leerders van elke graad besig met aktiwiteite soos ‘n “hoola chain, chicken – en noodle run” tydens ‘n interne graad-kompetisie.
Wat die res van die kriteria betref, sal jy moet wag en sien!
Soos dit in die voorgeskrewe liedjie lui: “Hierdie is die lewe, die beste lê nog voor. Jonk is wat ons is, en ons gaan nou groot!” Ons kan nie wag vir jou en jou skool om vir GROOTfm 90.5 en Gys, jou skool se gees en gee te wys!
Een ding is vir seker…Ons gaan GROOT GAAN!
Vir meer inligting oor dié veldtog, besoek grootfm.co.za
Loer hier na die video, en sing en dans saam:
Liedjie-inligting:
Titel: Gaan Groot
Sanger: Francois van Rensburg ft. Arri Opperman
Musiek & lirieke: Francois van Rensburg / Arri Opperman
Produksie: Arri Opperman
Kitare: Deon van der Merwe
Klank-verwerking: Heinrich Brooks
Ateljee: Arri MusicStudio
Mastering: Kelsey Mastering
Uitgewer: SAMRO
Deelnemende laerskole:
Anton van Wouw, Constantia Park, Elarduspark, Lynnwood, Menlopark, Pierneef, Stefanus Roos, Totiusdal, Wierdapark, Witpoort en Tygerpoort.
Deelnemende hoërskole:
Eldoraigne, Garsfontein, Pretoria Noord, Wonderboom, John Vorster, Montana, Oos-Moot, Overkruin en Randburg.
Deel hierdie artikel
Gaan Groot Rosies!!!!! GO STEPHANUS ROOS!!!!
Gaan groot Stephanus Roos….
ROSIES BOOOO!!!