You are currently viewing GROOTfm 90.5 gaan GROOT op internasionale terrein!

GROOTfm 90.5 gaan GROOT op internasionale terrein!

Deel hierdie artikel

GROOTfm 90.5 gaan GROOT op internasionale terrein!  

In 2022 het GROOTfm 90.5 en die middag ‘drive’-span, Die GROOT Trek, ‘n kompetisie geloods waarin meer as 8 000 lusiteraars ingeskryf het. Om wat te wen? ‘n Alles-ingesluit, ski-oord avontuur by die Bakuriani ski-oord in Georgië! 

Met ’n eenvoudige whatsapp-boodskap met die woord, SKI, kon enigiemand wat voldoen het aan enkele bepalings en voorwaardes die kans staanom aanbieders Nina Coetzer en Doepie Du Preez, te vergesel na hul eie ‘droomuitsending’.

GROOTfm 90.5 het groot gedroom saam met Adventure Georgia, MitMak Motors en Jenny’s Travel, en uiteindelik was 12 finaliste geidentifiseer. Vir die finale rondte moes die kwalifiserende gesinne aan GROOTfm 90.5, met behulp van ’n kort video, bewys hoekom hulle dit verdien om saam te gaan ski! En toe is daar drie…

Drie finaliste wat na die video-rondte geidentifiseer is as potensiële wenners, is op 29 November 2022 na die GROOTfm 90.5-ateljee toe genooi, waar hulle aan ’n vasvrae moes deelneem – regstreeks op lug. Nie sommer enige vasvrae nie, maar een wat ingekleur is met feite van Georgië.

Het jy geweet Georgië is die geboorteplek van rooiwyn? Dat die kleipot wat in die vervaardigingsproses gebruik word bekendstaan as ’n “Qvevri”? Wanneer jy die glasies klink, sê jy graag: “Gaumarjos”, en, dis ook hier, tussen die Gagra-bergreeks van die westelike Kaukasus-streek waar die diepste grot op aarde versteek is – ‘n diepte van 2 212 m. Die taal wat vandag daar gepraat word bestaan uit 33 letters, en Mzia en Zezva is die name van die oudste skedels wat in Georgië gevind is.

Interessant dat Georgiërs ‘n ander naam het vir hul land. Die plaaslike inwoners noem dit “Sakartvelo” en noem hulself “Kartveli”. Daar is ook ’n debat oor waar die naam Georgië vandaan kom. Sommiges sê dit kom van St. George, die beskermheer van die land; ander sê weer dis van “Georgi”, die Griekse naam vir landbou-stamme; terwyl ander beweer dis die Persies-Arabiese woord “Gurg”, wat ‘land van wolwe’ beteken.

Die span wat toe, met ‘n verskil van een punt tussen al drie spanne onderskeidelik, koning gekraai het, was die Brandon-gesin. Pa, Quinton en Ma, Alesia, saam met hul seuns Fourie De Wet en Jaydrian.

Die Brandon-gesin vertrek op 9 Maart 2023, saam met die span van GROOTfm 90.5 – Nina Coetzer, Doepie Du Preez en Jacques Erasmus – na hierdie spierwit paradys. Hier word hulle verwelkom deur ‘n ski-avontuur ter waarde van meer as R200 000, wat onder meer 6-nagte akkommodasie, ski-toerusting en -lesse, sakgeld, 7-ontbyte en -aandetes, vlugte deur Jenny’s Travel en vervoer na en van die hoof ski-areas, Didveli en Kokhta, insluit.

Alhoewel dit onseker is waar Georgië se naam vandaan kom, is een ding wel seker. GROOTfm 90.5 kan nie wag om saam met die plaaslike Kartveli en Brandon-gesin,

 

GROOT te GAAN op die ski-hellings nie, én om saam met die klink van ’n glasie plaaslike wyn luidkeels, Gaumarjos”, te uiter nie.

Die regstreekse uitsending begin vanaf Maandag, 13 Maart, tot Woensdag, 15 Maart 2023. Smiddae, 15:00 tot 18:00. Skakel in op frekwensie 90.5 of laai die GROOTfm 90.5-app af om deel van die aksie te wees! (Beskikbaar op Google Play en Apple Store.) Of volg ons op sosiale media – Facebook en Instagram, GROOTfm 90.5.

GROOTfm 90.5 gaan dié jaar GROOT SONDER grense!

Deel hierdie artikel

Leave a Reply