#JouMenseMyMense – Gesin verloor amper alles in gru-ongeluk
Natasha Jackson het op 26 Februarie op sosiale media haar mismoed verklaar in ‘n plasing waar sy vertel het van ‘n motorongeluk op die N1 waarby haar man, Thys, en seun, Keaton betrokke was. Toe sy in die oggendure by die toneel aankom, het sy onmiddellik gekyk of haar man en seun ongedeerd is, en, toe sy in dankbaarheid sien dat hulle geringe beserings opgedoen het, het sy in die pad gekyk.
Haar man se klanktoerusting, waarmee hy vir sy gesin van vyf sorg, was aan’t skerwe. Stukkies plastiek wat die pad vol lê, met ‘n motor en waentjie wat afgeskryf is, was deel van hierdie toneel. ‘n Toneel wat die bittersoetheid van ‘n man en seun wat nog lewe, teenoor die onmiddelikke uitdaging van geweldige finansiële verlies bevat. Die finansiële omvang van hierdie skade strek ver bo die bedrag van R160 000, en die gesin, soos die toerusting, ook in stukke.
Natasja en haar seun, Keaton, het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel