You are currently viewing #JouMenseMyMense – Nuwe Begin vir Hulle Besigheid

#JouMenseMyMense – Nuwe Begin vir Hulle Besigheid

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Nuwe begin vir hulle besigheid

Fritz en Shani probeer al ‘n wyle planmaak met ‘n volhoubare inkomste. Hulle belê toe in ‘n bakkie (Nissan Navara) wat hulle hoofbron van inkomste word. Met ‘n aflewering einde Junie het hierdie bakkie gebreek op die Heksrivier Pas. Hulle was gestrand en kon eers die volgende oggend ‘n insleepdiens kry. Hulle het die kar by ‘n plek in Laingsburg laat staan, waarin hulle ook geslaap het totdat hulle ‘n geleentheid kon kry – van die Vrydag tot die Sondag. Fritz en Shani, en hulle drie-jarige dogtertjie woon die laaste twee maande by vriende in Pretoria. En kon tot op hede nog nie ‘n sent bydrae nie, omdat hulle enigste bron van inkomste nog in Laingsburg staan. As gevolg van hulle finansiële uitdagings, moes hulle noodgedwonge hul dogtertjie uit die skool uithaal. Hul seun, Tristan, is met autisme gediagnoseer, en floreer tans in ‘n skool in Benoni. Hulle besigheid, JackRabbit het hulle in 2018 begin. Dit het goed gegaan, toe tref die pandemie. Hulle het alles verloor, en het toe in Tzaneen gewoon. Hulle het toe besluit om na ‘n groter area toe te trek, met die hoop dat dit beter gaan. Met geld wat hulle geleen het om te trek, was hulle sak en pak Natal toe. Na twee maande, was die besluit onsuksesvol, en, is hulle terug Pretoria toe. Om die trek te bekostig, moes hulle al hulle meubels verkoop en so paar items agterlos. Fritz, Shani, Lea en Tristan het met hulle klere en een bed in Pretoria aangeland. Dinge het begin optel, en kon hulle meeste van hul agterstallige skuld delf, behalwe hulle lening vir die trek Natal toe. Toe…toe breek die bakkie…Fritz en Shani het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Kyk HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Deel hierdie artikel

Leave a Reply