You are currently viewing #JOUMENSEMYMENSE – 13 Februarie 2018

#JOUMENSEMYMENSE – 13 Februarie 2018

Deel hierdie artikel

Op 13 Februarie 2018 het ons vir Zayden (9) en mamma, Zelda by Alma School gaan kuier! Zayden het downsindroom en is met ‘n hartdefek gebore. Hy het breinskade opgedoen tydens ‘n hartoperasie wat veroorsaak het dat slegs die linkerkant van sy liggaampie funksioneel is. (regter-hemipleeg) Hy kan nog nie loop nie en is steeds op doeke. Enkelmamma, Zelda, wat self ‘n hemipleeg is, versorg ook haar pa wat veelvoudige sklerose het (MS). Zelda is ‘n tyd gelede met kanker gediagnoseer, maar tans in remissie. En al gaan dit hoe swaar, kla sy nooit en vra sy nooit vir iets!

Baie dankie aan ons vriende van #SPARNorthRand en spesifiek,Monumentpark Superspar wat vir Zayden bederf het met ‘n stel karretjies (wat natuurlik sy gunsteling speelding is) saam met koek vir sy klasmaats en kruideniersware vir hulle gesin!

As jy deel wil word van ons verklaring: “jou mense is my mense”, en hierdie gesin op ‘n manier wil bystaan, epos gerus vir Lindie Strydom by lindie@grootfm.co.za#ALMAskool, wat altyd sal sê ons word so ryklik geseën, kan ook enige bydrae van kos, ou klere of speelgoed goed gebruik vir baie ander soos Zayden…

Deel hierdie artikel