You are currently viewing #JouMenseMyMense – Claire | GROOTfm 90.5 | 19 Februarie 2025

#JouMenseMyMense – Claire | GROOTfm 90.5 | 19 Februarie 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Claire | 19 Februarie 2025 | GROOTfm 90.5

Claire is op 28 weke gebore (31/12/92) en is nou 32 jaar oud. Claire is ‘n spastiese kwadrupleeg en haar liggaamfunksies is baie beperk. Sy kan niks vir haarself doen nie en moet gevoer word. Sy praat ook baie onduidelik – sy moes geleer word om kos te kan kou met behulp van haar tong.

Ten spyte van al hierdie fisiese uitdagings is sy ‘n engel in baie mense se lewens. Sy is baie intelligent en praat vier tale. Sy kan heerlik lag vir ‘n grap, maar is ook baie sensitief met ander se emosies. Claire het ‘n 24/7 versorging nodig – sy kry ook epilepsie wanneer sy baie gespanne is. Sy verstik maklik, is permanent op doeke en moet ook verskeie kroniese medikasies gebruik.

Claire het soveel drome en sy wens om eendag te kan staan, in die see te kan swem en net iets vir haarself te kan doen. Die rolstoel wat Claire tans gebruik is baie oud, groot en ongemaklik om te hanteer. Maar Claire sal nie kla nie. Sy kyk jou net met haar blou ogies aan en is dankbaar vir alles. Geld vir ‘n nuwe rolstoel is daar glad nie. Die gesin word tans met kos gehelp.

Claire, ‘n jare-lange vriendin, Zelda Groenewald, Ma Monica en stiefpa, Denys (kort vir Denysen), het by GROOTfm 90.5 kom kuier.❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply