#JouMenseMyMense saam met SPAR – Roney Stephens
Cindy en Rodney Stephens het ‘n versoek aan ons gerig rakende hulle 2-jarige dogtertjie, Roney, se klompvoetjies. Sy was al vir behandeling by staatshospitale, maar ondervind die ervaring elke keer as geweldig traumaties. Cindy het nie tans ‘n werk nie en haar man doen ‘los werkies’. Sy probeer ‘n inkomste genereer tans met die koop en verkoop van tweedehandse klere. Die finansiële implikasie van so ‘n operasie is honderde-duisende rande.
Cindy sê die volgende oor Roney: “Ons pragtige kindjie is van die Here af vir ons gestuur. Sy is n maand prematuur gebore met 2 ‘club’-voetjies en astrioposis, maar tog kry niks haar onder nie. Sy is ‘n wonderlike dogtertjie! Sy kan nie tans loop nie, en ons harte is baie seer.”
Rodney en Cindy het ‘n skarefinansieringsfonds gestig en probeer bewusmaking op sosiale media saai, maar, hul pogings is tevergeefs.
GROOTfm 90.5 het voelers uitgesteek na Montana Hospitaal se Dr Patterson, wat Roney konsulteer het. In Roney se geval moet sy drie operasies ondergaan om haar enigsins ‘n kans op normaliteit te kan gee. Ons het voelers uitgesteek na kliënte, waarna Plantland, We Buy Cars en Ecomed Medical aangebied het om ‘n bydrae te lewer waarvoor en waaroor ons ontsettend dankbaar is.
Die fondse was nog steeds nie genoeg om die omvang van die drie operasies te vereffen nie. GROOTfm 90.5 het toe vir Cairing Daisies se Anria van Heerden gekontak, vanwaar sy weer vir Dr Helene Basson van ‘Operation Healing Hands’ genader het. Dr Basson het na aanleiding hiervan aangebied om die operasie te doen teen die fondse wat reeds ingesamel is.
Cairing Daisies het GROOTfm 90.5 en die Stephens-gesin genooi na hulle jaarlikse fondsinsamelings-golfdag waar die oorhandiging van die tjek gedoen is. Toe ons met Pappa Rodney gesels om hom uit te nooi na die golfdag, was hy reeds in trane – minwetend hoekom hulle eintlik daar is.
Ons is ontsettend dankbaar vir rolspelers in ‘n GEEmeenskap! BAIE dankie aan Plantland, WeBuyCars en Ecomed Medical wat ons finansieel toegerus het om fasiliteerders van Sy guns te wees. Baie dankie aan Cairing Daisies vir die deurlopende #GROOTverskil wat julle maak! Dat julle ons harte rustig gemaak het met die potensiële ekstra kostes wat deur die golfdag-inkomste gedelf sal word. Dat julle kontakgemaak het met Dr Helene Basson. ‘n Laaste, GROOT dankie aan Dr Helene Basson, wat bereid was en is, om ondanks ‘n tekort aan die totale koste, aangebied het om nogtans voort te gaan met die operasie. En Dr AJ Patterson wat die operasie gaan behartig.
Roney, jy lag en glimlag reeds! Binnekort kan jy dit doen terwyl jy loop, hardloop en dans!
KLIK HIER vir die video
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: