#JouMenseMyMense โ ๐๐๐ง ๐๐ฌ๐ก๐จ๐จ๐ฉ ๐ญ๐จ๐ญ ๐ฌ๐ญ๐จ๐ซ๐ข๐ ๐ฏ๐๐ง ๐๐๐๐!
Angelique se biologiese pa is op โn baie vroeรซ ouderdom oorlede. Met die dat sy aan โn nuwe huisgesin bekendgestel is, was sy van jongs af โn slagoffer van seksuele molestering โ deur mense by wie sy veronderstel was om by veilig te voel. Vir โn wyle het sy by haar tannie gaan woon, maar, nadat dit nie uitgewerk het nie, het sy teruggekeer huis toe. Die molestering het voortgegaan en sy het by โn ander tannie gaan bly. Die tannie en haar vriendin het baie van haar vorming gedoen. Hulle het nie verblyf gehad nie en het toe gaan plak in โn afgebrande huis. Daar het Angelique op โn ashoop goedere opgetel en herwin. Sy het kuns-goedjies gemaak wat hulle verkoop het by die Ark en van die inkomste geleef. Hulle het in daardie tyd die afgebrande huis stuk-stuk herbou en alles gebruik wat hulle op die ashoop opgetel het. In haar vroeรซ tienerjare het sy weer probeer om by haar ouers te bly, en, sy het agtergekom dat as sy โn kรชrel het, die familie wat haar molesteer haas sal uitlos. Sy het op 17 weer swanger geword, met โn pragtige dogtertjie, wat met โn siektetoestand gebore is. Ten spyte hiervan het sy nie skool gelos nie. Angelique se pad het gekruis met twee mense wat in haar belรช het, Chris en Des Sealie (Kairos). Chris Sealie het vir haar โn beurs gereรซl om onderwys te studeer, en, binne 4 jaar het sy haar graad in Grondslagonderwys behaal (Maart 2024). Angelique is tans โn onderwyser by Genl. Nicholaas Smith. Sy is ook intussen getroud, met drie pragtige kinders. Lizelle Lotter, wat Angelique se verhaal met ons gedeel het, vertel dat sy met een van die kinders in haar klas gewerk het. Die seuntjie vertel dat sy grootste wens is dat sy Juffrou hom kan groot maak. Hy beleef meer liefde by haar as in sy ouerhuis. Hy sรช โTannie, Juffrou Angelique sal mooi na my kyk. Sy sal my nie vloek of seermaak nie. Sy sal my oppas. Sy is lief vir my. Dink Tannie sy sal na my kyk?โ Angelique hou nie vas aan die seer nie. Sy vergewe en droom om vir haar kinders โn goeie lewe te gee. Sy het soveel passie vir kinders en onderwys. #LOSITBETER #GROOTverskil #Omgee #care #givingback
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: ย ย ย /ย @grootfmtvย ย
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel