Al die kleuterskool se speelgoed, van dit tot 35 jaar oud, oor ‘n lang tyd bymekaar gemaak en opgepas, was netjies weggepak in die stoor vir die skoolvakansie, toe daar ‘n brand uitbreek op die 4de April! Al Groenie Nessie se sand-, water- en buitespeelgoed, togas en hoede vir hulle Gr R gradeplegtigheid, legkaarte en nagenoeg 500 boeke, bou blokkies en balle, tafels en stoeltjies, konsertklere, dekor, papier, karton en verf het letterlik weggesmelt of brand van die vernietigende hitte en vuur!
MAAR met so ‘n reuse verlies, sien mens vinnig die rykdom van ‘n gemeenskap wat kan saam werk en nie skrik om weer van onder af te begin BOU nie…
Saam met Brabbelbekkies Kleuterskool in Montanapark, #10uit10Skryfbehoeftes in Centurion en die #JirehFoundation kon ons Chrisna en haar span vanoggend met ‘n stewige R15000 se goedere gaan verras!!! ‘n GROOTfm.90.5 dankie vir elkeen se bydrae!
Deel hierdie artikel