KLIK HIER -> Los'it Beter LUISTER NOU
#JouMenseMyMense saam met My SPAR – 24 April 2018

#JouMenseMyMense saam met My SPAR – 24 April 2018

Deel hierdie artikel

Maria Bere is ‘n huishulp en ‘n enkelma na haar man skielik in 2007 oorlede is. Haar dogter Octovia (18) is die eerste een in hulle familie om te gaan studeer. Octovia het in Januarie 2018 begin met haar studies in Skakelwese en kommunikasie deur #UNISA, as die eerste stap oppad na haar eintlike kleintyd droom om eendag ‘n advokaat te word! Octovia het ‘n beurs gekry vir haar studies en haar ma, wat ook haar “(s)hero” is, het met haar klein salaris hard gewerk om vir haar dogter ‘n skootrekenaar en die nodige handboeke te kon koop.

Op die 20ste Maart was Octovia ‘n slagoffer van ‘n gewapende roof. ‘n Man wat hom voorgedoen het as ‘n taxi-bestuurder het haar met ‘n mes gedreig en haar rekenaar, selfoon en handboeke gesteel. Die twee gesinne vir wie Maria werk het gehelp met ‘n nuwe rekenaar vir Octovia en sy en haar ma het self R1000 bymekaar gemaak om weer haar studiemateriaal te kan aankoop.

Danksy ons vriende van #SPARNorthrand en spesifiek Monumentpark Superspar kon ons op Dinsdag, 24 April 2018 vir Maria gaan verras met kruideniersware om net weer ‘n bietjie voor te kom en danksy ‘n anonieme borg, en ook net betyds vir haar eksamens wat volgende week begin, kon ons vir Octovia R2000 skenk om die laaste handboeke te koop asook ‘n selfoon!

Deel hierdie artikel
Close Menu