#JouMenseMyMense – Diandre is ’n wonderwerk!
Diandre is op 4 April 2020 op 37 weke gebore. Twee weke tevore het ‘n sonar ‘n gewas van 7cm aan die linkerkant van sy brein opgetel. Almal was verbaas dat hy met geboorte self kon asem haal, maar sy kans op oorlewing was 24 uur en toe later 5 dae. Verskillende dokters en spesialiste het almal verskillende opinies gehad oor wat die beste behandeling sou wees. Op die ou end is klein Diandré einde Julie geopereer om die gewas te verwyder. Ongelukkig het sy brein reeds baie skade gehad en hy is gediagnoseer met Spastiese Serebrale Gestremdheid. Hy is breinblind en –doof wat beteken sy brein herken nie dit wat hy sien of hoor nie en hy kan ook nog nie emosie wys soos lag en huil nie. In 2020 het die kantoorpersoneel van Reinaissance SA Ratings die eerste R10 000 bymekaar gemaak vir ‘n spesiale stroller, GROOTfm 90.5 het gehelp met die uitstaande balans en Chris Booysen van Wheelchairsontherun het ons gehelp om die beste en ‘n gebruikersvriendelike een te vind waarmee ons hulle kon verras. Mamma en pappa kon self R20 000 spaar, maar die gewensde stoel kos R65 000. Die gesin het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel