You are currently viewing #JouMenseMyMense – Anrico – Klein Vegter. GROOT God | GROOTfm 90.5 | 23 April 2025

#JouMenseMyMense – Anrico – Klein Vegter. GROOT God | GROOTfm 90.5 | 23 April 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Anrico | Klein Vegter. GROOT God | 23 April 2025 | GROOTfm 90.5

Anika en Christo Fourie se dapper seuntjie, Anrico, is op 5 April gebore met ‘n ernstige geboortedefek – ‘n gat in sy diafragma. Sy maag, milt en derms het in sy borskas ingeskuif, wat veroorsaak het dat een long net 50% kon ontwikkel. Kort ná sy geboorte het sy hart twee keer gaan staan, maar God het hom gespaar. Hy is in ‘n geïnduseerde koma geplaas, na ’n spesialis-hospitaal oorgeplaas, en suksesvol geopereer. Vandag verstom hy dokters met sy vordering – ‘n ware wonderwerk!

Terwyl Anrico aansterk is die familie se bekommernisse nog groot met die mediese kostes – en ’n groot gedeelte hiervan wat nie deur hul mediese fonds gedek word nie. Anrico is Anika en Christo se tweede seun, met Christian, die eersgeborene, tans vier jaar oud. Anika se skoonma, en Christo se ma, Elize Venter, het saam met Anria van Heerden van die Caring Daisies GROOTfm 90.5 kom kuier, terwyl Ma Anika telefonies ingeskakel het…❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel