You are currently viewing #JouMenseMyMense – 19 Junie 2018

#JouMenseMyMense – 19 Junie 2018

Deel hierdie artikel

Hendrik Brits is ‘n enkelpappa wat van Mei maand af as sekuriteitsbeampte werk by Laerskool Hermanstad – die skool waar ons span laas week gekuier het vir ons #Skoolmetdiebestegees projek, en Hendrik moes duidelik indruk gemaak het, want soveel van Groot FM 90.5 se personeel het kom vertel van hierdie pappa wat elke oggend reeds 05:30 op sy pos is vir sy dag se skof wat eintlik eers 06:00 begin tot 5 uur die middag. Wanneer die skool Vrydag sluit en die kinders en onderwysers en baie van die ouers ook met vakansie gaan, sal Hendrik daar wees om die skool op te pas. Hy het voorheen ook vir ‘n sekuriteitsmaatskappy gewerk en daarom het hy geweet hy kort ‘n uniform om professioneel te lyk – wat hy toe uit sy eie sak gekoop het tot die skool hom terug betaal het. Hy verdien nie ‘n groot salaris nie, maar hy is geweldig trots op sy werk en dit stel hom in staat om vir sy seuntjie in Graad 4 te kan sorg en is ook hoe hy die skoolfonds kan betaal elke maand. Die onderwyers getuig hy is altyd dankbaar, altyd nederig en altyd daar op te dien. Groot FM 90.5 is trots op elke Pa wat ten spyte van moeilike omstandighede met trots vir hulle gesinne sorg en ‘n bydrae maak in hulle gemeenskap op watter manier ook al. Danksy ons vriende, Retha Ingenbleek van SPAR Northrand en Jacques Jones van Monumentpark SuperSPAR, kan ons vandag vir Hendrik bederf met R1000 se kruideniersware! Ons het gehoor sy kantoortjie waar hy dan reeds baie vroeg aanmeld, het nie ‘n ketel nie – so ons vriende van SPAR het daarvoor ook gesorg saam met die koffie, melk en suiker! Ons kollegas het ‘n ander spesifieke behoefte by Hendrik raakgesien toe hulle Vrydag by die skool gekuier het – sy bril waarvan die een lens heeltemal gekraak is. Toe ons navraag doen by die skool, het Truleen ons vertel Hendrik het net mooi gisteroggend verlof kom vra om te kyk of hy nie iewers Maandag kan regkom met ‘n nuwe bril nie… Ons vriende van Torga Optical Wonderpark het juis vir die hele Juniemaand ‘n promosie waar enige pa kwalifeer vir ‘n GRATIS oogtoets en toe ons aanklop by hulle om te vertel van Hendrik, het Annette Bodenstein en haar span dadelik ingestem om vir Hendrik ‘n splinternuwe bril – die raam en die lense – ter waarde van R2000 te skenk! Jou mense is my mense en ons omgee vir mekaar gee vir iemand opnuut vlerke! #FindYourWingz #JouMenseMyMense

Deel hierdie artikel